Welkom by PSMK
PSMK (President Staatmaker Kommando) is ‘n groep van die Voortrekkers wat bestaan uit studente en jongwerkendes van die ouderdom van 18-28. Ons is bekend as Staatmakers. PSMK is gevestig in Bloemfontein in die Vrystaat, en is een van drie Vrystaat Staatmakergroepe. Saam geniet ons weeklikse byeenkomstes, gereelde kampe, en hier bou ons bande wat vir ‘n leeftyd hou.

Jaarlikse hoogtepunte?
Van PSMK se jaarlikse hoogtepunte sluit in: Ons kamp vir ons 1ste jaars (Aspersiekamp), die Deurnag Aksiekrieket, Interstaties met ander Staatmakergroepe, gebiedskampe, NSS (Nasionale Staatmaker Saamtrek), Vrystaat Staatmaker Saamtrek, en unieke byeenkomstes elke week.

PSMK Help Graag: (Basies net vir kommandos om na ons uit te reik)
Die rol van die Staatmakers is om 'n helpende hand uit te reik en om diens te lewer aan die gemeenskap. Kontak ons, ons help graag!
Waarmee kan ons help?
  • Spanbyeenkomste
  • Hulp tydens kampe
  • Hulp met uitreike en gemeenskapsprojekte
  • Kommandobyeenkomste
  • Aanbied van aktiwiteite
  • Enige Voortrekkerverwante aktiwiteite of take Kontak ons, ons help graag!
PSMK Byeenkomstes:
Donderdae 18:00
Werk en Wen Voortrekkersentrum (Sentraal Hoërskool) 

PSMK Bestuur

Charlè Cloete – Groepleier
Elrike Viljoen – Administrasie
Henco Coetzer – Finansies
Megan du Randt – Bemarking

Kontak ons deur enige van ons sosiale media platforms, of stuur vir ons ‘n
e-pos na psmkbloem@gmail.com